"Unter den Linden" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #48609] |
Mon, 20 August 2001 18:16 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
UNTER DEN LINDEN
Oos-Berlyn, 1970
-Marlise Joubert-
Laat my nou maar met rus so onder die laken
wit skoenlapper oopgevlerk
laat my oopgespalk rus en rustig reis
in die kokon van eie bloed
die asem van my hart stap deur my oë:
daar is nuwe jonkgeel blommetjies fluisterend gevou
om die honderdjaar ter nagedagtenis van 'n leninplakkaat
maar ek stap onder die lindebome met fronsende bene
oor 'n brug waar die water bruin woorde mompel
en ek luister -
oral voetstappe
sonder gesig
en sonder stem
en ek ruik die roetswart torings van ou katedrale
waar slegs die duiwe nog genade soek
en brandenburg se pilare hou wag
die uniforms hou dop
en ek wonder wie kruip weg
en waarom is die lug so mot en rou
agter lourier en bajonet
smeul 'n vlam in altaarglas
die stilte pak aan teen die vensters
en ou deure toegespyker vier 'n fees
vir die dood
iets gryp aan my hakskeen
iets wurg om my keel en ek vlug
na die gaping in die doringdraadmuur
die kokon breek
en ek hang oopgevlerk
'n wit skoenlapper
aan die sidderende son
|
|
|
Re: "Unter den Linden" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #48635 is 'n antwoord op boodskap #48609] |
Tue, 21 August 2001 07:31 |
Leo Camerlynck
Boodskappe: 35 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Baie mooi gedig.
Ek het ook Unter den Linden in 1970 besoek.
Leo Camerlynck
schreef in berichtnieuws 3B81550A.C145CF0A@home.com...
UNTER DEN LINDEN
Oos-Berlyn, 1970
-Marlise Joubert-
Laat my nou maar met rus so onder die laken
wit skoenlapper oopgevlerk
laat my oopgespalk rus en rustig reis
in die kokon van eie bloed
die asem van my hart stap deur my oë:
daar is nuwe jonkgeel blommetjies fluisterend gevou
om die honderdjaar ter nagedagtenis van 'n leninplakkaat
maar ek stap onder die lindebome met fronsende bene
oor 'n brug waar die water bruin woorde mompel
en ek luister -
oral voetstappe
sonder gesig
en sonder stem
en ek ruik die roetswart torings van ou katedrale
waar slegs die duiwe nog genade soek
en brandenburg se pilare hou wag
die uniforms hou dop
en ek wonder wie kruip weg
en waarom is die lug so mot en rou
agter lourier en bajonet
smeul 'n vlam in altaarglas
die stilte pak aan teen die vensters
en ou deure toegespyker vier 'n fees
vir die dood
iets gryp aan my hakskeen
iets wurg om my keel en ek vlug
na die gaping in die doringdraadmuur
die kokon breek
en ek hang oopgevlerk
'n wit skoenlapper
aan die sidderende son
|
|
|